Hoekom moet ek so ver loop?

God beplan ’n hoopvolle toekoms vir elkeen.

Ek het eendag vir die Here gevra hoekom ek aanvalle van mense kry.

Ek het Hom ook eendag toe ek ver moes loop werk toe, gevra wat Sy doel was dat ek so ver moes loop en watter les ek daaruit moes leer.

En Hy het my geantwoord en gesê: “My kind, jy het gesê jy wil My dissipel wees, so Ek gee jou ’n kans.

“Jy het voete gekry om te loop en jy het hande gekry om te werk en te voel.

“Jy het ’n mond gekry, praat My Woord, wys vir mense My liefde, selfs as dit beteken dat jy ver moet loop en as dit baie trane veroorsaak.

“Moenie moed opgee nie, want wenners geen nie moed op nie.

“Jesus het nooit moed opgegee met jou nie, moenie moed opgee met Hom nie.”

Ek weet ek het die Here gevra om my te laat skyn in die donker.

Nou weet ek Sy planne vir my is net goed, planne om my hoop te gee en ’n toekoms.

Hy weet die beste, so Hy toets my soms.

Lizzy da Luz, Secunda.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version