Probeer vooruitstreef

Doen ekstra moeite by jou werk en in jou verhoudings.

Ek sien orals doen mense deesdae net genoeg om deur die lewe te skuur.

By die huis word daar net-net genoeg tyd aan die eggenoot en kinders gegee om nie ’n gekerm te hoor nie.

By die werk gaan dit byna erger; almal doen net wat hulle moet, genoeg om nie as ’n luiaard gesien te word nie, maar mense doen nie ’n duit meer as dit nie.

“O nee, hoekom moet ek?” redeneer hulle.

“Ek word mos nie daarvoor betaal nie.”

As daar dan iemand is wat wel iets meer of iets anders wil probeer, word dit dadelik afgeskiet.

Dan is jy ’n gatkruiper of jy probeer ander mense se werk steel.

Gaan dit regtig iemand doodmaak om iets nuuts te probeer (as dit flop dan flop dit, jy het dan ten minste probeer), iets positiefs oor ander mense se idees te sê (al is jy nie mal oor die idee nie, soek een positiewe ding daaruit) of om een tree verder te gee as wat nodig is?

Almal is só bang om iemand anders se “cage te rattle”, dat almal maar eerder in hul diep, donker hoekies bly sit, te bang op iets noemenswaardig te doen.

Onhou net een ding, die dag wat jy ophou groei, is die dag wat jy begin doodgaan.

En dit tel vir jou hele lewe en in jou verhoudings met jou eggenoot, kinders, ouers, vriende en familie en in jou werk.

Begin leef of hou ten minste op met doodgaan.

Staan op en hou op om so gemiddeld te probeer wees.

Bo-gemiddeld, Secunda.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version