Sentrums is steeds halfvol

Anni van Niekerk, Ermelo: Hoekom kan ons dorp nie ook ’n ordentlike winkelsentrum kry nie? Is die bevolking regtig so klein dat ons al hierdie afskeepwinkels kry? Ek het getel en daar staan sewe winkels in die Game-sentrum leeg. Maak dit eers vol voordat daar nou weer ’n karwas, oogarts of restaurant kom. Het ons …

Anni van Niekerk, Ermelo:

Hoekom kan ons dorp nie ook ’n ordentlike winkelsentrum kry nie? Is die bevolking regtig so klein dat ons al hierdie afskeepwinkels kry?

Ek het getel en daar staan sewe winkels in die Game-sentrum leeg. Maak dit eers vol voordat daar nou weer ’n karwas, oogarts of restaurant kom.

Het ons regtig nog al dié genoemde nodig?

Ons dorp is vol van hulle.

Wie neem die besluite oor die opening van nuwe winkels?

Die dorp staan vol opkomende sentrums met geen besonderse winkels nie.

Hoekom kan iemand nie net weer ’n Maxi’s oopmaak nie of dalk ’n aftree-oord?

Ek hoop regtig julle besin en bedink voordat julle begin bou – dis ’n belaglike idee!

Exit mobile version