LettersOpinion

Ja vir lekker koop

Opgewonde, Ermelo: Ai, sal dit nie lekker wees om ’n goed-beplande nuwe winkelsentrum met inkopieverskeidenheid en plek vir ontspanning in die dorp te hê nie! Lank genoeg moet Ermeloërs ver ry om behoorlike afdelingswinkels te besoek of om ’n fliek te sien. Mense wat nou kla oor die beplande sentrum op die skouterrein moet in …

Opgewonde, Ermelo:

Ai, sal dit nie lekker wees om ’n goed-beplande nuwe winkelsentrum met inkopieverskeidenheid en plek vir ontspanning in die dorp te hê nie!

Lank genoeg moet Ermeloërs ver ry om behoorlike afdelingswinkels te besoek of om ’n fliek te sien.

Mense wat nou kla oor die beplande sentrum op die skouterrein moet in gedagte hou dat die skou sekerlik ’n ander tuiste sal kry vir die paar dae in ’n jaar wat dié geleentheid plaasvind, maar dat ’n sentrum elke dag waarde tot die dorp sal toevoeg.

’n Voordeel van die ontwikkeling sal hopelik wees dat die strate in die omgewing behoorlik opgeknap sal word.

Dit is tans ’n nagmerrie om in Nederlandsesweg (soos in baie ander strate) die slaggate mis te ry en nie in die lang gras op die sypaadjies te beland nie.

Dit hoef nie ’n geval van skou of koop te wees soos die koerant verlede week geïmpliseer het nie – albei het ’n plek in Ermelo.

Related Articles

Back to top button