Ermelo het reeds genoeg winkels

Jan. L. Fourie, Ermelo: As lid van die Transvaalse Landbou-Unie (TLU) en ’n huis- en grondeienaar in Ermelo, wil ek my misnoeë uitspreek oor die voorgestelde ontwikkeling van ’n winkelsentrum op die grond wat tans as skouterrein gebruik word. Dié grond is deur die TLU gekoop met die doel dat dit vir die gebruik van …

Jan. L. Fourie, Ermelo:

As lid van die Transvaalse Landbou-Unie (TLU) en ’n huis- en grondeienaar in Ermelo, wil ek my misnoeë uitspreek oor die voorgestelde ontwikkeling van ’n winkelsentrum op die grond wat tans as skouterrein gebruik word.

Dié grond is deur die TLU gekoop met die doel dat dit vir die gebruik van Ermelo se gemeenskap aangewend moet word, nie vir die ontwikkeling van groot winkelsentrums nie.

Ek is van mening dat dié komitee (TLU) uitgedien is en dat die grond beter aangewend sal word vir sport en kultuur.

Daar is genoeg winkels in Ermelo en dit is nutteloos om nog ’n groot winkelsentrum op te rig.

Wat sal nog winkels vir die gemeenskap beteken?

Exit mobile version