2013-oorsig

Die jaar 2013 sal deur verskillende mense vir uiteenlopende redes onthou word. Vir sommige het die jaar laagtepunte ingehou, maar aan die ander kant was daar ook vele hoogtepunte. As die oudste en mees gevestigde gemeenskapskoerant in die dorp en omliggende gebiede was die Hoëvelder soos reeds oor die afgelope 110 jaar, bevoorreg om in …

Die jaar 2013 sal deur verskillende mense vir uiteenlopende redes onthou word.

Vir sommige het die jaar laagtepunte ingehou, maar aan die ander kant was daar ook vele hoogtepunte.

As die oudste en mees gevestigde gemeenskapskoerant in die dorp en omliggende gebiede was die Hoëvelder soos reeds oor die afgelope 110 jaar, bevoorreg om in die lief en leed van ons gemeenskap te kon deel.

Die stories van ons gemeenskap en vir die gemeenskap wat ons in ons blad gedra het, kom van julle, ons getroue lesers, af.

Dit is julle stories wat ons in staat stel om ’n klankbord van ons gemeenskap te kan wees. Dit is ook weens ons getroue lesers se bereidwilligheid om julle stories met ons te deel dat ons verskeie joernalistieke toekennings ontvang het. Dit is iets waarop ons as ’n Hoëvelder-span baie trots is, want dit is inderdaad spanwerk.

Maar al het ons al die stories in die wêreld, sou ons nie ’n publikasie van dié hoogstaande gehalte kon uitbring sonder ons getroue en gewaardeerde adverteerders nie. Aan elkeen van julle, hetsy ’n groot, klein, gereelde of ongereelde adverteerder, sê ons baie, baie dankie. Jul ondersteuning stel ons in staat om ’n middel daar te stel wat jul ondernemings, produkte en dienste onder die aandag van die leserspubliek te bring. Dié wedersydse samewerking verseker dat die Hoëvelder vir baie jare nog sal voortgaan om ’n onlosmaaklike deel van die gemeenskap van Ermelo te wees.

Ons wens u een en almal ’n geseënde Kersfees en alle voorspoed in die nuwe jaar toe.

As u terugkyk, kyk met dank en waardering; as u vorentoe kyk, kyk met geloof en vertroue in die Hemelse Vader wat ons almal sal dra en seën.

The past year will be remembered by people from all walks of life for a variety of reasons. We have all undoubtedly experienced the good and sadly also the bad. As has been the case for the past 110 years, the Highvelder has been privileged to have shared in these times with our loyal readers. It is these stories by the community and for the community that have enabled us as a newspaper to achieve accolades within the journalsitic fraternity, something which we as a team are indeed proud of. A special word of thanks must certainly go to our loyal advertisers who have come to trust the Highvelder as a steadfast and reliable vehicle for promoting their businesses, products and services.

This mutual cooperation has and will in future ensure that the Highvelder will be around for many years to come and continue to be an integeral part of the community which it serves.

From our entire team, we wish you one and all a blessed Christmas and a happy and prosperous new year. Let us all learn from our mistakes made in the past and look to the future with trust and belief in our Heavenly Father for grace and blessings.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version