Laerskool Secunda se spanne vaar goed op tennisbaan
Laerskool Secunda se tennisspanne het eers in die plaaslike liga presteer en deurgedring na die Gert Sibande-liga wat op Ermelo beslis is. Die seunsspan het hier ook uitgeblink.
SECUNDA - Laerskool Secunda se seuns tennisspan het op 18 September aan die eindronde van die Gert Sibande tennisliga deelgeneem en gewen. Dié span dring deur na die Mpumalanga uitspele. Die span bestaan uit Nikolas Schneider, HW Meyer, Reinhard Noordman, CJ Meyer en hul afrigter, Walmarie Fourie.