Laerskool Goedehoop se o12-hokkiespan eindig tweede in provinsie

Die o12-seunshokkiespan het eers die Gert Sibande-liga gewen en het daarna ook in die Mpumalanga-spele uitgeblink, terwyl die o13-span as naaswenners van Gert Sibande aangewys is.

Laerskool Goedehoop se o13-seunshokkiespan is die Gert Sibande-naaswenners nadat hulle goed gevaar het in ’n reeks weeklikse ligawedstryde. Hulle het ook op 15 en 16 September aan die Mpumalanga-uitspele op Ermelo deelgeneem.
Laerskool Goedehoop o12-seunshokkiespan kraai koning en is die Gert Sibande-wenners nadat hulle die beste was by ’n reeks weeklikse ligawedstryde. Dié span het op 15 en 16 September in die uitspele op Ermelo deelgeneem.
Exit mobile version