SchoolsStreeknuus

Heidi vier vrolike verjaarsdag

“Heidi Kleuterskool is trots om te kan sê dat ons die gemeenskap se kleutermaats sedert 1965 reeds dien en dat verskeie derde-geslag familielede al spore by die skool getrap het.”

Heidi Kleuterskool op Delmas het vanjaar hul 58ste bestaansjaar op vrolike wyse gevier.

Die kleuterskool het gedurende 1965 nederige begin gemaak. Vanjaar in 2023 het die skooltjie gegroei tot ’n gevestigde en volwaardige kleuterskool wat vir vanaf babas tot voorskoolse kinders ’n veilige tuiste, weg van die huis af bied.

“Heidi Kleuterskool is trots om te kan sê dat ons die gemeenskap se kleutermaats sedert 1965 reeds dien en dat verskeie derde-geslag familielede al spore by die skool getrap het,” het die skoolhoof van Heidi, Riëtte Wheller, gesê.

Die oggend se verjaarsdagviering het ’n prag verjaardagkoek, kleurvolle versierings, hope pret en opgewondenheid ingesluit. Die Heidi-maatjies kon boonop lekker saam piekniek hou.

“Mag daar nog baie jare van kleutergenot by Heidi wees,” het Wheller gesê.

Related Articles

Back to top button