Dellies hou swierige matriekafskeid

Die modeparade was weer ’n skouspel en vertoonvenster vir Hoërskool Delmas.

Die jong manne en vroue van Hoërskool Delmas het vanjaar in volle glorie matriekafskeid gehou.

Die formele matriekafskeid is voorafgegaan deur die stylvolle rooitapyt-modeparade op die sportterrein van Dellies op Donderdag, 29 September. Tydens die geleentheid kon ouers, oupas en oumas, boeties en sussies kom kyk hoe die matrieks in hul spogwaens en uitrustings aankom.

Na dié glansryke rooitapyt, het die groep na die Delmas Country Lodge vertrek waar hulle stylvol vir die res van die aand onthaal is.

“Baie dankie aan ons matrikulante vir hul stylvolle voorkoms en optrede. Hulle was ware ambassadeurs vir die skool.

“Baie dankie ook aan al die personeel, die Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) en ouers wat die geleentheid moontlik gemaak het.”

Juan Scheepers kom stylvol by Hoërskool Delmas aan. Foto: Larizza Steup.
Stian van Niekerk en Ciska-Marié Bester. Foto: Larizza Steup.
Shelden Renny en Anuskha Claassen. Foto: Larizza Steup.
Marno Klopper en Charoné van Staden op die rooitapyt. Foto: Larizza Steup.
Nozi Nkombane van Dellies saam met haar metgesel op die rooitapyt. Foto: Larizza Steup
Siya Nxumalo kom aan in styl. Foto: Larizza Steup
Mooi in rooi, Deago Caldeira en Jeanné du Buson. Foto: Larizza Steup

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version