School sportSchools

Hoërskool Secunda bied Noordvaal bowl-eindronde aan ná sterk vertoning in halfeind

Hoërskool Secunda se eerstespan skop om 12:45 teen Die Anker af.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne speel hierdie Saterdag, 27 Augustus, op hul tuisveld in die bowl-eindstryd  (afdeling 4) van Noordvaal-toernooi.

Dit volg na drie van die skool se spanne hul halfeindstryde verlede naweek, Saterdag 20 Augustus gewen het.

Die eerstespan het Hoërskool Pietersburg in ’n tuiswedstryd met 19–7 geklop.

Die 0/16-span het hul wedstryd teen Die Anker met 5–0 op Secunda gewen en die Secunda se 0/15s het vir Wesvalia in wegwedstryd met 30–0 kafgedraf.

Wesvalia se 0/14-span het egter vir Secunda op Secunda kom ore aansit en die wedstryd met 12–6 beklink.

Die bowl-eindstryde word op Hoërskool Secunda se veld beslis met Wesvalia se 0/14s wat om 09:00 teen Hoërskool Pietersburg uitdraf.

Secunda se 0/15s pak om 10:10 vir Hoërskool Pietersburg en om 11:20 kom Secunda se 0/16-span teen Wesvalia te staan.

Hoërskool Secunda se eerstespan skop om 12:45 teen Die Anker af.

Toegang is R20 per persoon.

Related Articles

Back to top button