Schools

Leerders van Laerskool Kruinpark op Secunda presteer by Con Spirito

Laerskool Kruinpark op Secunda spog met verskeie leerders wat op die Con Spirito-kompetisie uitgeblink het.

SECUNDA – Dié leerders van Laerskool Kruinpark het vanaf 25 tot 27 Julie aan die Con Spirito Redenaarskompetisie by Hoërskool Secunda deelgeneem en hul onderskeie items in die Afrikaanse drama-afdeling gewen. Hulle is Kyra Botha (ongedramatiseerde poësie), Sebastian Botha (ongedramatiseerde poësie), Milan Zwarts (Bybelse prosa, gedramatiseerde poësie en gedramatiseerde prosa), Abigail Zwarts (Bybelse prosa) en Aiden Olckers (ongedramatiseerde poësie).
SECUNDA – Dié leerders van Laerskool Kruinpark is die wenners in hul onderskeie grade in drama in Engels by die Con Spirito Redenaarskompetisie wat vanaf 25 tot 27 Julie by Hoërskool Secunda plaasgevind het. Hulle is Lianke Obermeyer (dramatised prose), Abigail Zwarts (undramatised poetry) and Alexander Botha (undramatised poetry).
SECUNDA – Dié leerders van Laerskool Kruinpark is die wenners van hul onderskeie items en grade by die Con Spirito Redenaarskompetisie wat vanaf 25 tot 27 Julie by Hoërskool Secunda plaasgevind het. Hulle is (voor) Iva Stopforth (gr. 1 item-wenner) en Kyle Olckers (gr. R item-wenner). Agter is Katelyn Shaw (gr. 7 item-wenner), Michiel van den Berg (gr. 7 item-wenner) en Jani Nel (gr. 4 item-wenner). Melandri du Plessis (gr. 2 item-wenner) was afwesig toe die foto geneem is.

Related Articles

Back to top button