Die Hoëveld Fotografieklub het hul jaar op 17 Januarie met hul eerste byeenkoms afgeskop.
Die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was ‘vakansie’.
Jannie en Juanita van Niekerk van Witbank was die beoordelaars vir die aand.
Sussa Pelser was die wenner van die voorgeskrewe onderwerp afdeling en het ook ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Sunrise Canoeing, ontvang.
Sy het ook sertifikate van meriete vir Landscape in Pano in die landskap afdeling, Dress for Success in die tweekleurige foto afdeling en Sand Viper in die natuur afdeling ontvang.
Louis van der Walt was die wenner onder die senior fotograwe met Wolfberg Arch Sunrise.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir Inkunzu Cave Swallow in die natuurvoëls afdeling, Tugela River Rocks in die landskap afdeling, Rapunzel Lounge in die tweekleurige foto afdeling en Fairways Sunset in die voorgeskrewe onderwerp afdeling.
Anzette Snyders was die beste onder die junior fotograwe met Coasty.
Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir Tomorrows Dream in die landskap afdeling, Vintage in die tweekleurige foto afdeling, Gothic in die pikturale afdeling en Sailing in die voorgeskrewe onderwerp afdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is Danie Smit vir Mahem in die natuurvoëls afdeling, Old Lady in die pikturale afdeling, Princess Warrior in Mud Pool in die fotojoernalistieke afdeling en Valencia in die voorgeskrewe onderwerp afdeling; James Harris vir Fish Gone in die naturvoëls afdeling,
Lady in die tweekleurige foto afdeling, Vine Snake in die natuur afdeling en Family Man in die voorgeskrewe onderwerp afdeling; Johan Viljoen vir My Turn in die natuurvoëls afdeling, I am Blue in die tweekleurige foto afdeling en Take This in die natuur afdeling; Edmund Hattingh vir Northern Lights in die landskap afdeling en Snow on the Mountains en Rocky Mountains in die landskap afdeling; Piet Potgieter vir Bales in die landskap afdeling, I ain’t Nothing but a Hound Dog in die pikturale afdeling en Plaasvakansie in die voorgeskrewe onderwerp afdeling, dr Leon Pelser vir Above Cloud 9 en Canola Symplicity in die landskapafdeling,
Almost Dead in die pikturale afdeling en Early Morning Fishing in die voorgeskrewe onderwerp afdeling; Lorraine Botha vir Pretty Fungus in the Forest en Forest Fungi in die natuurafdeling, Cool Shades in die pikturale afdeling, Surfs Up in die fotojoernalistieke afdeling en Ice Cream Glee in die voorgeskrewe onderwerp afdeling; Marius Kriger vir Burger with Potato Wedges for Dinner, Buffelsfontein jou Rowwe Bliksem en Chicken Sweet Potato Food Photography in die pikturale afdeling en Carrot Cake at Christmas in die voorgeskrewe onderwerp afdeling, Adri Kirsten vir Sonsopkoms Danabaai strand in die voorgeskrewe onderwerp afdeling en Peter Winnan vir Lions Drinking in die natuur afdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 7 Februarie om 18:30 vir 19:00 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767..