Local newsStreeknuus

Mieliefees doen dit weer vir Delmas

Vir die wat honger was, was daar net so ’n groot keuse en mini-oliebolle, pap en kaiings, skilpadjies, hamburgers, wordsbroodjies, ‘chip-en-dip’, roomys en vele meer was te koop.

Die immergewilde Mieliefees, eie aan Delmas, was vanjaar weer na ’n paar jaar van afwesigheid, deur Hoërskool Delmas aangebied.

Die Mieliefees van 2024 het op 3 Augustus op die terrein van die hoërskool plaasgevind en het iets vir jonk en oud gebied.

Daar was ’n magdom stalletjies en alles van handgemaakte juwele, kinderspeelgoed, jogurt, kaas en vele meer was te koop.

Ysterberg se pragtige bull mastiff-honde het vele gelok.


Die beoordelaars van die braaibroodjiekompetisie by die Mieliefees op Delmas.

Vir die wat honger was, was daar net so ’n groot keuse tussen mini-oliebolle, pap en kaiings, skilpadjies, hamburgers, wordsbroodjies, ‘chip-en-dip’, roomys en vele meer.

Die biertent het gesorg dat kele nie te droog word nie en die pretpark het vir ure se genot vir die jong besoekers gesorg.

Dellies se pom-poms en die dansers van Step Up Dance School het die feesgangers met hulle vrolike passies op die maat van musiek vermaak.

Die braaibroodjiekompetisie het ook vir groot pret en lekkerte gesorg.


Lekker kuier by Hoërskool Delmas se Mieliefees.

Die deelnemende spanne het behoorlik uitgehaal om die allerlekkerste braaibroodjies te maak en daarna was dit tyd vir proe en beoordeel.

Die duo wat as die braaibroodjie kampioene aanwys was, was Elizna Roux en Kyleigh Prangley.

Plaaslike kunstenaar, Jay Morgan het die vermaaklikheidsprogram afgeskop waarna kunstenaars soos Stephan Visagie, Martin Bester, Adam Tas en DJ die verhoog betree het.

Almal wat die Mieliefees bygewoon het is dit eens dat dit lekker was om weer die fees op Delmas te kon hou.


LEES OOK: Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit klop Hill View High

LEES OOK: Ongeluk op R555 tussen Delmas en Eloff lei tot die dood van twee


Related Articles

Back to top button