Local newsStreeknuus

Omgee pa en seun van Bronkhorstspruit sterf saam

“Danie het ’n groot impak op baie mense se lewens gemaak en baie aangeraak; soveel vir God en Sy Koningkryk gedoen.”

’n Ongeluk het die lewe van pa en seun, Attie en Daniel Krüger, van Bronkhorstspruit geëis. Die twee was op 26 Julie op die R50 toe die ongeluk sowat 20km buite Delmas plaasgevind het.

Volgens inligting het pa en seun oudergewoonte gaan voorraad oplaai met hul Ford Courier bakkie en sleepwa.

Daar was aanvankik vermoed dat ’n band op die sleepwa gebars het, maar dit blyk, volgens betroubare inligting, dat die sleepwa geknipmes het en Daniel beheer verloor het.

Volgens videomateriaal in Streeknuus se besit, kan daar gesien word hoedat die sleepwa by die bakkie verbystoot en die bakkie dwarsoor die pad stoot, reg voor ’n aankomende vragmotor in.



Die vragmotorbestuurder kon volgens die video nie uitswaai nie en het eers etlike honderd meter verder tot stilstand kon kom.

Nooddienste was vining op die toneel, maar met die mediese personeel se aankoms, was beide Attie en Daniel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie, maar volgens die bron, sou die bestuurder glo vir traumabehandeling gaan. Die lemoene wat vir skenkings vir die minderbevoorregtes bedoel was, het besaai gelê.

Volgens Antoniete Louw, ’n goeie kennis van Daniel, in die gemeenskap beter bekend as Danie, het die pa en seun baie liefdadigheidswerk in Bronkhorstspruit en omgewing gedoen.



Danie was onder meer ’n direkteur van die Faith in Action bediening, ’n nie-winsgewende organisasie, wat hoofsaaklik daarop gevestig was om armoede en hongersnood te verlig.

“Danie se dood voel nog onwerklik en sy dood laat ’n groot leemte en verlies vir ons en baie ander,” het Louw gesê.

“Danie het ’n groot impak op baie mense se lewens gemaak en baie aangeraak. Hy het soveel vir God en Sy Koningkryk gedoen. Ek voel verseker dat die Hemelse poorte wawyd oopgestaan het om Danie te verwelkom,” het Louw bygevoeg.

Teen druktyd was die begrafnisreëlings vir Danie en sy pa Attie nog nie bekend nie.




LEES OOK: See if you find yourself in our photos

LEES OOK: Vrou van Standerton is verheug oor nuwe kunsbeen

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button