Ouma en kleinkind sterf in ongeluk tussen Kinross en Kriel

Die bakkie waarmee die ouma en haar kleindogters gery het, het teen 'n vragmotor gebots.

‘n Bejaarde vrou en haar 5-jarige kleindogter is vandag (5 Julie) dood nadat hulle gister in ‘n ongeluk by die 50/50-kruising op die pad tussen Kinross en Kriel was.

 

Die bakkie waarmee die ouma en haar vier kleindogters gery het, het teen ‘n vragmotor gebots.

Die 9-jarige kleindogter is steeds kritiek en was eers in Evander Hospitaal, maar is vandag oorgeplaas na ‘n hospitaal in Gauteng.

 

Die 8-jarige kleindogter is vandag vanuit die hospitaal ontslaan.

Die vierde meisie is in die hospitaal in Witbank.

Exit mobile version