Local newsStreeknuus

Nesher hou prettige familieloop op Eloff

Oud en jonk het die dag se pret met die tradisionele familieloop afgeskop.

Nesher Privaatskool op Eloff het op 9 Maart weer hul gewilde familiedag gehou. Oud en jonk het die oggend is met die tradisionele familieloop afgeskop.

Daarna was dit speletjie tyd en die jonklomp het vol geesdrif hieraan deelgeneem. Groot pryse was op die spel en deelnemers kon volgens die tema ‘groei’ aantrek.

Monique Oelofse en Mark Dickerson was hier as die wenners gekroon. Ook die skattejag was goed ondersteun en hier het pa, Ismail Mookadam en sy dogter Ganaan met die wenprys weggestap.

Daar was ook stalletjies te kies en te keur met handgemaakte items en vele meer. Vir die honger- en dors familielopers en gaste was daar boereworsrolle, koue koeldrank, soetighede en selfs ’n koffiestalletjie.


Speletjietyd tydens Nesher se familieloop dag.

Die familieloop word kwartaaliks by die skool aangebied. Die pas afgelope familieloop dag was ten bate van ’n fondsinsameling om meer klasse by die skool op te rig.

Volgens die skoolhoof, Lizette van Onselen, groei die skool baie vining en word daar dringend nog klaskamers benodig.

Die skool het dit daarom ook goedgedink om ’n ‘log cabin classroom initiative’ projek van stapel te stuur.

Die projek behels die oprigting van so ’n ’log cabin’ wat dan deur ’n instansie, besigheid of individu geborg kan word.


Pa, Ismail Mookadam en sy dogter Ganaan met hul prys vir die meeste vrae korrek geantwoord tydens die skattejag.

“Borge sou welkom wees om hul eie advertensie en logo daarop aan te bring. Dit kan ook ’n lekker spanbouprojek wees wanneer die klaskamer kleurvol geverf word, net soos die betrokke borg dit sou wou doen,” het Van Onselen gesê.

“Die familieloop was weer eens groot pret. Elkeen se ondersteuning maak ’n verskil en word opreg waardeer. Dit was heerlik om almal se deelname te beleef, dit het natuurlik tot die dag se dinamiese atmosfeer bygedra.”

Nesher bedank ook elkeen van die borge wat die dag moontlik gemaak het opreg.

Vir meer inligting omtrent die klaskamer projek skakel Nesher Privaat skool by 064 503 5113.


Related Articles

Back to top button