Local newsStreeknuus

Delmas Herleef knap Samuelweg op

Die spoedhobbel in Samuelweg het vir hoofbrekens gesorg aangesien daar massiewe slaggate was en boonop was dié spoedhobbel ook nie meer vir motoriste sigbaar nie.

Met die nuwe jaar nou reeds goed op dreef is Delmas Herleef ook weer doenig met projekte.

Een van die hoofingange op Delmas, naamlik Samuelweg, het op 9 Maart om 08:00 aan die beurt gekom en vrywilligers het slaggate opgevul, padtekens geverf en rommel opgetel.

Delmas Herleef, wat nou ook spog met hul eie slaggat-sleepwa toegrus met professionele gereedskap, het verskeie slaggate gevul.

Die spoedhobbel in dié straat het hoofbrekens besorg omdat daar massiewe slaggate was en boonop was dié spoedhobbel ook nie meer vir motoriste sigbaar nie.

Streeknuus het in die uitgawe van 2 Februarie berig oor die indeling van die dorp volgens uitbreidings of wyke. In elke wyk is daar nou ’n leier wat help toesien dat die spesifieke uitbreiding se probleme aangespreek word deur rommel op te ruim, leë erwe skoon te maak en ook slaggate te vul.


LEES OOK: Power couple from Lekwa spend quality time together


Daar word ook gehoop om so meer belangstelling en dus meer hande vir Delmas Herleef te kry.

Die komitee het laat weet dat dié verskillende wyke op Delmas se projekte ook goed aan die gang is en dat nog vele meer beplan word om elke uitbreiding se unieke probleme te takel.

Daar is nog verskeie groter projekte op die agenda vir 2024 en Delmassers word gevra om asseblief te kom help.

Die komitee van Delmas Herleef bedank elkeen wat op die dag kom hand bysit het en koue water, koeldrank en eetgoed verskaf het.

Indien u belangstel om deel van Delmas Herleef se wenspan te word, kan die voorsitter Doktor Martin van Rensburg op 083 633 7335 geskakel word.


Related Articles

 
Back to top button