Local news

Twee broers loop 150km vir Ligdraer projek op Secunda

Belangstellendes en ondernemings kan steeds projek ondersteun.

Die twee broers, Hendrik en Johan Keyser wat op 4 Maart vanaf die eendedammetjie begin stap het en daagliks 30km afgelê het as deel van bewusmaking vir die Ligdraer/Light Bearer-projek, het op 9 Maart die laaste ent gestap.

Hulle het by Redemptive Coffee klaargemaak waar die twee organiseerders van die projek, Liné de Vries en Karin Strydom en Hendrik se vrou, Sarie, hulle ingewag het. Die twee broers het 150km verlede week afgelê en al 515km sedert die projek begin het in 2022.

Belangstellendes het in die oggende die eerste ent saam met die twee broers gestap en die leerlingraad van Highveld Park High School het ook ’n ent saam gestap en self geld ingesamel en aan die twee broers oorhandig.

Die doel van dié projek is om geld in te samel vir kinders met gebrekke en gesondheidsprobleme.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat die projek aangebied word.

De Vries het gesê hoewel die stapgedeelte nou afgehandel is, gaan hulle steeds bewusmaking doen en nog ondernemings besoek om geld in te samel.


LEES OOK: Family identifies decapitated man in Bethal


Die twee begunstigdes van vanjaar se opbrengs is die Kristopher Ryan Sentrum en die House of Hope op eMbalenhle.

Die Kristopher Ryan Sentrum bied daagliks aktiwiteite en twee maaltyde aan 34 gestremde jong mense en die House of Hope voorsien blyplek aan ses verwaarloosde, gestremde kinders.

Die Kristopher Ryan Sentrum benodig dringend ’n 5 000 liter watertenk en pomp om volhoubare en voortdurende watertoevoer te verseker terwyl House of Hope se stigter graag raad en hulp wil hê oor hoe om die nodige doelwitte te bereik sodat hulle hulp van die staat kan kry.

Buiten dié twee instansies, is daar ook drie individuele kinders wat gesondheidsorg nodig het en by dié projek gaan baat.

Belangstellendes of ondernemings wat betrokke wil raak of nog ’n bydrae wil maak en dié projek wil ondersteun, kan de Vries by 082 786 0134 skakel.


LEES OOK: FOLLOW UP: Son of dog attack victim in Secunda speaks up


You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button