Local news

Hoëveld VLU-vroue hou streekkonferensie

Vroue ryg pryse in op Bethal.

Die VLU-vroue het die pryse ingeryg by die Hoëveldstreekkonferensie wat op 29 Februarie op Bethal gehou is.

Altesaam nege VLU-takke het dié konferensie bygewoon en die tak wat die meeste punte behaal het is Devon VLU met 4 424 punte.

Die Bethal VLU-tak het tweede geëindig met 2 732 punte, die Vaalrivier-tak van Standerton derde met 2 244 punte en die Kinross VLU-tak vierde met 2 083 punte.

Tjoekie Nel van die Bethal VLU-tak het die trofee vir verdienstelikheid ontvang en ’n knopie vir 25 jaar lidmaatskap. Monica Swart van die Vaalrivier-tak het die trofee vir die Hoëveldvrou vir 2024 ontvang.

Nel het ook presteer in die afdeling vir streekkompetisiewenners en tweede geëindig met 478 punte terwyl Rosa Black van die Secunda VLU-tak derde geëindig het in dié afdeling met 476 punte en derde in die provinsiale kompetisiewenner-afdeling met 378 punte.


ALSO READ: RickyB to the rescue of animals in the Secunda area


Black was ook tweede in die afdeling vir die vrou met die meeste punte op ’n konferensie. Roz du Preez van die Kaalspruit VLU-tak op Standerton, het ’n spesiale knopie van verering gekry.

Al vier takke van die omgewing, die Bethal VLU-tak, die Secunda VLU-tak, die Skemerkelkie Aand-tak op Secunda en die Kinross VLU-tak se lede, het verskeie plekke in die verskillende afdelings behaal.

Magdie de Kock, president van die Associated Country Women of the World (ACWW) het gesê die VLU is daar vir die opheffing van vroue.

Sy het vroue aangemoedig om met verantwoordelikheid verantwoordelik te wees vir dit wat hulle moet doen.
Die president van die VLU Suid-Afrika, Cindy Coetzee, het die vroue ook toegespreek en gesê hulle moet vrygewig wees met hul liefde, geduld, tyd en selfs met hulle geld.

“Wat doen jy met jou gawes en talente om ander te help?” het Coetzee gevra.

Ds Evert Bergh en sy vrou, Ranelda van die NG Kerk op Delmas-Wes-gemeente, het die vroue vermaak met hulle sang en van die lede van die Bethal VLU-tak, wat ’n sanggroep die Droewige Daisies gestig het, het ook twee items gelewer en die gehoor laat skater van die lag.

Die oudste lid van die Bethal VLU-tak, Ella van der Merwe, wat al 95 is, is ook ’n lid van die Droewige Daisies.

Ds Henk Grobler van die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal was die spreker vir die dag en het oor gewone vroue wat ’n verskil maak, gepraat.

Die voorsitter van die Hoëveld VLU-streek, Gerda Büter, het die algemene jaarvergadering gehou en gesê die VLU is vir vroue soos die universiteit van die platteland.

Sy het Sophie Hugo, voorsitter van die nuwe aand-tak op Secunda, Skemerkelkie, wat verlede jaar gestig is, bedank dat sy ’n nuwe tak gestig het.

Die vroue het ’n nuwe streeksbestuur gekies en Jenny van Rheede van Oudtshoorn, die voorsitter van die Bethal VLU-tak het die vergadering afgesluit en die vroue vir hul harde werk en teenwoordigheid bedank.


Related Articles

 
Back to top button