Local newsSchoolsStreeknuus

Dellies skitter by interhoër

Die skool het hul dorp met trots verteenwoordig en met heelwat spoggerige toekennings huiswaarts gekeer.

Hoërskool Delmas het op 17 Februarie aan die jaarlikse interhoër atletiebyeenkoms op Germiston deelgeneem.

Die skool het hul dorp met trots verteenwoordig en met heelwat spoggerige toekennings huiswaarts gekeer.

Die dirigente het die dag opgebeur en daarmee ’n eerste plek verower. Die pom-poms het ’n derde plek verower. Dellies het ook in derde plek opgeëindig vir gees.

Die skool het die tweede-meeste goue medaljes ingepalm, naamlik 35 goue medaljes, 32 silwer medaljes en 28 brons medaljes.

Atlete wat uitstekend gevaar het, is Emke Pretorius en Katlego Makamu. Emke het die rekords in die dogters o19 100m-naellope en 400m-wedloop laat spat.

Katlego het die 100m rekord vir seuns o19 verbeter. Dellies se aflosspanne vir dogters o17, dogters o19 en seuns o19 het eerste plekke behaal.

“Interhoër 2024 was goed vir ons. Bloed, sweet, trane en blase op die voete. Harde werk het vrugte gepluk,” het Hoërskool Delmas in ’n Facebook plasing laat hoor.


Related Articles

Check Also
Close
Back to top button