Local news

Kinross VLU-vroue leer van kruissteek

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 18 Maart by te woon.

SECUNDA – Vroue van die Kinross VLU-tak het op 15 Februarie op Secunda byeengekom en die kompetisie artikels vir die VLU konferensie wat later vanjaar plaasvind, bespreek.

Mariana Bowker het ook vir die vroue gewys hoe om ’n Australiese kruissteek op ’n skinkbordlappie te doen.

Die Kinross VLU-tak se volgende byeenkoms is op 18 Maart op Evander.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon en te kyk wat die VLU vroue doen.

Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.


Related Articles

Back to top button