Local news

Petra van der Linde van Standerton beveel ’n leefstylvernadering aan

Sy het haar gemeenskapsdiensjaar in 2018 by Standerton Hospitaal voltooi en aangesluit by die spreekkamers van drr Ulrich van Heerden en vennote, wat na die aftrede van sr Beulah Viljoen kundige raad oor diabetes pasiënte verwelkom het.

Petra van der Linde, ’n dieetkundige, draai geen doekies om as dit by diëte kom nie.

Dié dogter van dr Eric Louw, algemene praktisyn en dr Betsie Louw, tandarts by Standerton Hospitaal, is ’n gebore en getoë Standertonner.

Sy het nooit gedink dié Hoëveldse dorpie sal wees waar sy haar sou vestig nie.

Petra is ’n produk van Laerskool Standerton en Hoërskool Standerton waar sy meelewend deelgeneem het aan landloop, verafstand atletiek, tennis en netbal. Sy het op die skool se leerlingraad gedien alvorens sy die Universiteit van Pretoria se kursus in BDieetkunde gevolg het.

Tyd vir kuier was min, met ’n streng sillabus wat al haar tyd in beslag geneem het.

Voor haar vertrek na Pretoria, het sy haar bestuurderslisensie, sommer die eerste keer, suksesvol op 31 Desember 2012 voltooi.

Petra het daarna na Pretoria vertrek om by haar boetie in ’n woonstel te bly.

Sy het haar gemeenskapsdiensjaar in 2018 by Standerton Hospitaal voltooi en aangesluit by die spreekkamers van drr Ulrich van Heerden en vennote, wat na die aftrede van sr Beulah Viljoen, kundige raad oor diabetes pasiënte verwelkom het.

“Ek het baie oor medikasie, medikasieverwydering en diabetes geleer,” het sy gesê.

Haar praktyk het sy deeltyds in Februarie 2019 begin beoefen.

Op die vraag of sy kliënte of pasiënte het is onomwonde bevestig dat hul pasiënte is.

Petra sien gemiddeld agt mense daagliks en poog om een dag by die huis te bly om haar pasiënte se eetplanne uit te werk.

“Ek glo nie aan ’n dieetplan nie, maar ’n eetplan,” het sy gesê.

“Dit moet deel van ’n leefstylverandering wees.”

Petra ry die R23 pad om dorp toe te kom vanaf Robbertsdrift waar haar man, Zander met hoenders boer, mielies en sojabone aanplant en met vee boer.

Volgens haar is dieetkunde ’n wye veld en die groot probleem met vetsug is dat dit gewoonlik in die vroeë kinderjare begin.

Die onderhoud het ’n draai by Tim Noakes en sy bantingdieet gemaak.

“Ek is ’n groot voorstaander van ’n lae koolhidraat en hoë proteïn dieet, hoewel ek nie saamstem met die ongesonde vette waaruit die ‘banting’ dieet grootliks bestaan nie.”

Haar meerderheid van pasiënte klop aan vir gewigsverlies.

Water en nogmaals water moet gedrink word.

Volgens Petra behoort volwasse vroue 2.7l vloeiststof daagliks in te neem en mans 3.7l.

“Dit sluit alle vloeistowwe in, waarvan water verkieslik die meerderheid moet wees.”

Sy het gesonde vette beklemtoon soos avokado’s, olywe, neute en sade.

“Ongesonde vette is meer solied by kamertemperatuur en is gewoonlik afkomstig van diere.

“Hierdie vette is sleg vir die hart en cholesterol.”

Petra was op haar dag na China saam met ’n SHS skoolgroep, het die Griekse eilande met ’n ‘back pack’ in Graad Vyf besoek en het die Afrika kontinent se Tanzanië en Malawi gesien.

Deesdae verkies Zander St. Lucia terwyl sy Ballito as gunsteling vakansiebestemming uitgesonder het.
Niks van die koue water van die Atlantiese oseaan is vir haar nie.

“Ek verkies dat vakansie nie soos werk voel nie.”

Hoewel sy eers koffie begin drink het op universiteit en lief is daarvoor, is rooibostee deel van haar leefstyl.
O ja, sy hou van kook en die ‘slow cooker’ kan maar vir kerrie ingespan word.

Petra het nie in haar ouers se voetspore gevolg nie, maar duidelik die invloed van ’n beroep in die mediese rigting met moedersmelk ingekry.

Related Articles

Back to top button