Local news

Hoëveldstreek VLU-lede vergader op Bethal

Belangstellendes is welkom om by onderskeie VLU-takke in te skakel.

Die VLU Hoëveldstreek het op 25 Januarie by die Bethal VLU-tak plaasgevind en VLU-takke van Balfour, Devon, Secunda, Vaalrivier, Grootvlei en Kaalspruit het die geleentheid bygewoon.

Esmarie Stoop het die vergadering geopen met skrifgedeleeltes uit Psalm 139, Handelinge 17 en Jeremia 1 en 29.

Die vroue het sake vir 2024 bespreek en verwag ’n opwindende jaar in die VLU-kringe.

Lynette Posthumus, skakelbeampte van die Bethal VLU-tak het vroue genooi om hul volgende vergadering by te woon en te gaan kyk waaroor die VLU gaan.

Vir meer inligting, skakel Posthumus by 072 203 6230.

Related Articles

 
Back to top button