Mense kàn saamstaan tydens waterkrisis

AfriForum moedig mense aan om na krisis steeds saam te staan.

Inwoners was verbaas oor hoe barmhartige Samaritane hul boorgate beskikbaar gestel het tydens die onlangse waterkrisis.

“Elke keer as ek in Piketbergstraat gaan water haal het, was die mense vriendelik en behulpsaam,” het ’n inwoner gesê.

’n Lys van sowat 12 huise en ondernemings het die rondte gedoen waar mense kon gaan water haal.

Die voorsitter van AfriForum Secunda-tak, Jan du Plessis, het gesê dit is ’n bewys dat Secunda se gemeenskap wel kan saamstaan as hulle wil.

“Die probleem is, as die water weer terugkom, vergeet die mense weer van die probleem,” het Du Plessis gesê.

“Die mense moet eerder bly saamstaan en die munisipaliteit aanvat om ons infrastrukteer reg te maak en te onderhou.

“Hulle moet saamstaan om druk op die munisipaliteit te plaas om die dienste waarvoor hulle betaal, te kry.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version