Local news

Vroue op Secunda vier nasionale fotoplakboekdag

Belangstellendes is welkom om by Secunda Scrappers in te skakel.

Vroue het op 3 Februarie byeengekom om nasionale fotoplakboekdag (scrapbook) te vier.

Van die vroue het van so vér as Volksrust en Amersfoort gery. Die Secunda Scrappersgroep het die dag by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente gereël.

Die onderwerp vir die dag was ‘starry night’ en nie net moes vroue hul plakboeke volgens dié ondwerwerp versier nie, hulle moes ook daarvolgens aantrek.

Die ‘scrapbookers’ het ook hul deel vir welwillendheid gedoen en deelgeneem aan Famsa se ‘Dignity Box’-projek wat slagoffers van verkragting en gesinsgeweld ondersteun.

Hulle het het ook pienk pakkies aan die SAVF pleeghuis geskenk. Dié pienk pakkies is ’n menstruasiestel wat jong vroue kan gebruik in plaas van sanitêre doekies.

Dié menstruasiestel hou baie langer as sanitêre doekies.

Vir meer inligting, of om by die Secunda Scrappers betrokke te raak, besoek hul Facebookblad.

Related Articles

Back to top button