VLU se aandtak op Secunda skop jaar af

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 1 Februarie by te woon.

Die VLU se aandtak, Skemerkelkie, het op 18 Januarie hulle jaar met hul eerste vergadering afgeskop.

Die lede het net gekuier en die artikels wat hulle vir vanjaar se kompetisies en kongres moet maak, bespreek.

Dié tak se volgende vergadering is op 1 Februarie en enigiemand wat belangstel, is welkom om dié vergadering by te woon.

Dit begin om 18:00 en vind in die saal by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente plaas.

Vir meer inligting, skakel Sophie Hugo by 083 701 9709.

Exit mobile version