Local news

Secunda-fotograwe skop jaar af

Belangstellendes is welkomk om volgende byeenkoms op 9 Februarie by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 19 Januarie hul jaar met hul eerste vergadering afgeskop en die voorgeskrewe onderwerp vir Januarie was ‘The Seven Deadly Sins’.

Amy Ansell was die beoordelaar vir die aand en die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling was Johan Viljoen met sy foto, Lekker.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Daytime Moth in die natuurafdeling verower.

Danie Smit was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Blouberg View, ontvang asook vir sy foto, Melkweg by Jakkelsfontein in die landskapafdeling.

Edmund Hattingh was die beste fotograaf onder die junior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Please Brush my Teeth, ontvang.

Hattingh het ook uitgeblink met sy ander foto’s en sertifikate van meriete vir sy foto’s, See my Crest in die natuurvoëlsafdeling en Sun Through the Clouds en Sunset Walk, beide in die natuurafdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is Louis van de Walt vir sy foto, Feed Us, in die natuurvoëlsafdeling, Lorraine Botha vir haar foto’s, Falcon 1 in die natuurvoëlsafdeling en It’s Been a Long Day in die pikturale afdeling, Sussa Pelser vir haar foto, Showing Off in die natuurvoëlsafdeling, Hanlie de Beer vir haar foto, Posing in die natuurvoëlsafdeling, Anzette Snyders vir haar foto’s, Mountainous en Blissfil, beide in die landskapafdeling en dr Leon Pelser vir sy foto, Capturing Mabhida, in die tweekleurige foto-afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 9 Februarie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.

Related Articles

Back to top button