Pasiënte moet versigtig trap na ingang van spreekkamer op Standerton

Die deurdringende reën van 8 Januarie het weer eens veroorsaak dat modder en damme water te sien is.

’n Pasiënt van dr Stephen Swanepoel en vennote het op 9 Januarie onthuts die modder van sy skoene probeer afkry, nadat sy voertuig in die modder voor die spreekkamer gegly het.

Volgens die pasiënt, het dit skade aan sy voertuig veroorsaak.

Die Standerton Advertiser het reeds in Desember verlede jaar berig oor die toestand in Kerkstraat voor die spreekkamer.

Die deurdringende reën van 8 Januarie het weer eens veroorsaak dat modder en damme water te sien was.

Volgens die spreekkamer personeel, hou dit ’n gevaar vir pasiënte in.

Daar was geen waarskuwingslint is aangebring nie.

Die bourommel lê reeds maande daar en daar is nie naastenby sprake van op die sypaadjie loop nie.


ALSO READ: Secunda Round Tablers tell of their Cape Agulhas experience

ALSO READ: More than 100 runners participate in Standerton parkrun


Exit mobile version