Local newsStreeknuus

TLU maan boere om hul paraatheid te meet

Veiligheid in landelike gebiede raak al hoe groter ’n probleem soos wat sosio-ekonomiese probleme toeneem.

Veiligheid in landelike gebiede raak al hoe groter ’n probleem soos wat sosio-ekonomiese probleme toeneem.

Werkloosheid, swak ekonomie, en vele ander faktore dra by tot die toename van misdaad op plotte en plase. Dit word ook as maklike teikens gesien.

Henri Combrink, TLU SA Sentraalstreekvoorsitter het gesê probleme waarmee boere sit, is veediefstal, en diefstal van gewasse, brandstof, infrastruktuur soos kragkabels, pompe en toerusting.

“Die groot probleem is waar boere met kontant en gewasse werk, om maar net ‘n paar te noem. Vir hierdie gevalle moet daar na voorkomingsmaatreëls gekyk word en gebeurlikheidsbeplanning moet gedoen word.”

Dit is belangrik om die hele gesin en waar moontlik ook die plaaswerkers op te lei om hierdie bedreigings te kan hanteer.

Boere moet betrokke raak by hulle plaaslike unies waar hulle deel van plaaswagstrukture kan word asook opleiding en ondersteuning kan kry om hierdie situasies beter te hanteer.

“TLU SA bied ook n 24 uur gratis regsadviesdiens met betrekking tot strafreg en vuurwapenverwante siviele sake aan sy lede in samewerking met Firearms Guardian.

“Van die belangrikste aspekte vir ‘n veilige omgewing is aktiewe betrokkenheid by strukture, goeie kommunikasiestelsels soos tweerigting radio’s, opleiding in vuurwapenhantering en die wetgewing rondom dit, noodhulp, omgewingsbewustheid en ook goeie sekuriteitstelsels soos alarms en kameras.

“Evalueer jou eie paraatheid en veiligheidstelsels in en om die huis en buite geboue om te kyk waar en hoe jy kan verbeter om dit moeiliker te maak vir die misdadigers en vir jou ‘n voorsprong te gee om proaktief te kan optree,” het Combrink gesê.

TLU SA bied riglyne vir huis en haard self-evaluering wat boere kan gebruik om te kyk na hulle eie situasie.
Kontak vir Combrink by 082 552 9428 of veiligheidtlu@nes.co.za vir meer inligting.

Related Articles

Back to top button