EntertainmentLocal newsNews galleriesStreeknuus

Mense geniet die Kersliggies op die Plaas

Die geld wat met die fees ingesamel is, sal aan 'n huis van veiligheid vir kinders geskenk word.

Die liggieskouspel het van 15 to 24 Desember by Legends Adventure Farm net buite Rayton plaasvind met besoekers wat van vêr en wyd dié wonderland besoek het vir die jaarliksie Kersliggies Oppi-Plaas Fees.

Dié fees vind elke Desember plaas, elke Donderdag, Vrydag en Saterdag op Legends Adventure Farm se gronde.

Vanaf die aankoms was dit ’n towerspel van liggies.

Daar was alles, van kosstalletjies tot geskenkidees en veilige speelgeriewe vir die kinders.

Toegang was R10 tot R150 per persoon, afhangende van die aand waarop hulle die skouspel besoek het.

Steve Hofmeyer het op 16 December opgetree en Dirk van der Westhuizen op 23 Desember.

’n Gedeelte van die kaartjieverkope gaan aan HelpNet, ’n organisasie wat omsien na kinders wat weens veiligheidsredes uit hul ouerhuise verwyder moes word.

 

 

 

Dit is die derde jaar wat Kersliggies Oppi-Plaas Fees hierdie organisasie ondersteun.

Die organiseerders wou graag die bedrag vanjaar verdubbel het.

Die geld wat deur Kersliggies Oppi-Plaas ingesamel word, sal gebruik word om ’n huis van veiligheid verder toe te rus.

Vir meer inligting oor die NetHelp projek, stuur ’n e-pos na jolandaj@helpnet.org.za.

 

Related Articles

 
Back to top button