Motorfietsklub deel speelgoed op Standerton uit

Sowat 80 teddies is in die hospitaal uitgedeel.

Lonebuddy’s motorfietsklub se agtste Toyrun het genoeg voorraad ingesamel dat lede weer geskenkpakkies en skryfbehoeftes aan kinders op Standerton uitgedeel het.

 

Daar was so baie speelgoed oor dat Lonebuddy’s ook die staatshospitaal op Oukersdag besoek het.

 

Oud en jonk, klein en groot het ‘n sagte speelding ontvang.

 

Selfs die saalsusters en die wagte is bederf en met hulp van die Kersvader het die klub ‘n glimlag op baie se gesiggies geplaas.

 

Dit is een van die Lonebuddy’s se liefdadigheidsprojekte wat wat lede na aan die hart lê.

 

“Die dankbaarheid in daai gesiggies spreek boekdele. Die dankbaarheid van elke een maak dit vir ons die doelwit om dit elke jaar weer en weer te wil doen.

 

“Om te gee is mos baie beter as om te ontvang.”

 

Meer as 80 teddies is in die hospitaal versprei.

 

Van die kindersaal tot die sal vir vroue met nuwe babas en die vrouesaal het ontvang het sagte speelgoed ontvang.

Lede van Lonebuddy’s besoek die hopitaal op Standerton.
Selfs verpleegpersoneel is met sagte speelgoed beloon.

 

Exit mobile version