Local newsStreeknuus

Delmas Herleef komitee beloon

Die gesellige saamkuier het op 22 November onder ’n groot ou koelteboom by die woning van Wimmie van Schalkwyk op Delmas plaasgevind.

Die komitee van Delmas Herleef is deur ’n groep vriendinne met ’n heerlike ete en samesyn bederf.

Die gesellige saam kuier het op 22 November onder ’n groot ou koelteboom by die woning van Wimmie van Schalkwyk op Delmas plaasgevind.

Volgens die groep vriendinne, wie meestal uit die onderwys stam, het hulle saam besluit om as ’n blyk van waardering vir Delmas Herleef iets terug te gee vir die harde werk wat hulle verrig.

Annette Grobbelaar het die verrigtinge geopen deur die Delmas Herleef groep te bedank vir dit wat hulle vir Delmas doen en vir die mooi gesindheid waarin hulle die onbaatsugtige werk verrig.

Komiteelede het gesellig gekuier, ’n ligte middagete geniet en het boonop elkeen ’n vroeë Kersfees geskenkpakkie in die vorm van tuisgebakte beskuit en sjokolade huis toe geneem.

Madel Fourie het namens Delmas Herleef haar dank teenoor die vroue uitgespreek.


Related Articles

 
Back to top button