Local newsLocal sportStreeknuus

Skuts van die Hoëveld Jagtersklub kuier op Delmas

Annatjie van Niekerk het die vroue deelnemers se naam hoog gehou deur tweede te eindig met 550.3 punte op die telbord.

Die skote het behoorlik geklap by Tapkar net buite Delmas tydens die Hoëveld Jagtersklub Delmas-tak skietkompetisie.

Die kompetisie het op 2 Desember plaasgevind en volgens William Coleman van die Delmas-tak was die grootste groep skuts vanaf die Witbank klub afkomstig.

Met die klap van die laaste skote het Martin Smit met 520.3 punte in die eerste plek geëindig.

Annatjie van Niekerk het die vroue deelnemers se naam hoog gehou deur tweede met 550.3 punte op die telbord te eindig. In die derde plek was Jan van Niekerk met 470 punte.

Nog ’n vroulike deelnemer, Maryke Steenberg, het in die vierde plek geëindig met 455 punte en William Coleman was vyfde met 440 punte.

Johan Huyser het die ‘.22 Fun Shot’ gewen en daarmee vir hom prysgeld van R1 350 in die sak gebring..

“Geluk aan Johan en verdere gelukwense aan al die top skuts,” het Coleman gesê.

“Dankie aan elkeen wat aan ons skietdag by Tapkar op Delmas deelgeneem het. Ons sien met groot opwinding uit na volgende jaar se kompetisies.”


You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button