Local newsMunicipal

Nie snoeiwerk, eerder brouwerk in Standerton se Paarlstraat

Volgens die inwoner, word die takke in ’n V- vorm oopgesnoei om plek vir die kragdrade te maak.

Bome in Paarlstraat is die afgelope week afgesaag en die verrinneweerde takke het langs die sypaadjie gelê.

’n Briesende inwoner het die Standerton Advertiser op 4 Desember daarop gewys dat die korrekte snoeiprosedures nie gevolg is nie.

“Dit moet gesnoei word soos in Pretoria waar die reuse jakarandabome ’n blaredak oor die pad span,” het sy verduidelik.

“As dit een keer reg gesnoei word, hoef dit nie weer gedoen te word nie.”

Volgens die inwoner word die takke in ’n V- vorm oopgesnoei om plek vir die kragdrade te maak. Dit vorm dan later ’n tonnel waardeur die drade loop en groei vrylik boontoe.

“Dit moet vir seker met respek korrek afgesaag word sodat die takke nie uitskeur nie,” het sy mee afgesluit.

Die koerant het daarna met Leon Enslin, takvoorsitter van AfriForum, in verbinding getree om uit te pluis wie die snoeiwerk behartig het.

“n Kontrakteur het daar gewerk en doen dit met al die bome,” het Enslin gesê.

“Gelukkig groei hulle weer mooi uit.”

Enslin het gewys op die bome wat die kabels beskadig en as die wind waai word die kragtoevoer beïnvloed.

“Dit lyk nie nou goed nie, maar ongelukkig moet dit gedoen word.

“Dit kos baie geld om die bome kort-kort te sny.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button