Bronkies AfriForum hou Kersmark

Die mark is aangebied ten bate van die organisasie se Kers-parade.

AfriForum het hulle eerste Kerfeesmark, in samewerking met Mielie Pap Plaaswinkel, ten bate van hul Kersfeesparade op 9 Desember by die NG kerk Nooitgedacht-gronde op Bronkhorstspruit gehou.

Met lekker Kerskoekies, vrugtekoeke, houtwerk en heerlike kos was dié geleentheid een om nie te mis nie. Die kinders kon ook op perde ry.

Die ingang was gratis.

Magda Lewis, voorsitter van die AfriForum-tak op Bronkhorstspruit het die stalletjiehouers en ondersteuners bedank.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version