AfriForum op Standerton maak stem dik teen vandalisme en diefstal

Ses substasies is nou al veiliger te danke aan hierdie tak en volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is daar reeds ’n afname in diefstal en vandalisme by die substasies.

Die AfriForum Standerton-tak het ’n grootskaalse projek om die substasies op die dorp met alarmstelsels toe te rus om sodoende diefstal en vandalisme die hoof te bied van stapel gestuur.

Volgens hulle onlangse persverklaring is nóg twee substasies op hierdie wyse beveilig.

Ses substasies is nou al veiliger te danke aan hierdie tak. Volgens Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld, is daar reeds ’n afname in diefstal en vandalisme by die substasies.

Die alarmstelsels word deur Janson Sekuriteit geïnstalleer en Kasselman Veiligheidsdienste moniteer dit gratis.

Hoewel hierdie substasies nou veiliger is, wend misdadigers hulself nou tot kabeldiefstal tydens beurtkrag.

Die AfriForum buurtwag ry egter tydens beurtkrag gereeld patrollies om hierdie diewe se pogings te stuit.

“Te danke aan hierdie alarmstelsels en ons buurtwag se bereidwilligheid om tydens beurtkrag te patrolleer, is Standerton se kragnetwerk meer stabiel en die infrastruktuur word nie so erg beskadig tydens beurtkrag nie,” het Bekker mee afgesluit.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version