Local newsLocal sport

Gholfspelers vier die feesseisoen gepas by die Standerton Buiteklub

Ronald Kinnear was onoorwonne oor 18 putjies met sy netto van 72, wat deur sowel Werner Mouton as Janneman Kotze geëwenaar is.

Gholfspelers het in die gees van Kersfees reeds op 9 Desember vroeg by die Standerton Buiteklub begin afslaan, met meer as een getooi in rooi hoede.

Dié dag word allerweë as ’n sukses beskou. Neville Ritchie het op 6 Desember met ’n netto van 36 geëindig oor nege putjies. Freddie Welmans het in dié medal-kompetisie 37 aangeteken, gevolg deur Nick Momberg ook met 37.

Sowel Mark Nortjé as Gerrit Nel het op 38 te staan gekom, terwyl Patrizia Lombard 41 en Donnie Taljaardt 40 op die telkaart ingevul het.

Ronald Kinnear was onoorwonne oor 18 putjies met sy netto van 72, wat deur sowel Werner Mouton as Janneman Kotze geëwenaar is.


Stephen Nortjé bekyk op 9 Desember die trajek van die bal.

Johan van Niekerk het 73 aangeteken, terwyl Hennie Swanepoel en Riaan Starbuck albei met 74 geëindig het.

Nico Lombard het 75 op die telkaart ingevul, gevolg deur Theuns Adendorff met 76, Louis Bibbey met 77 en Attie Mouton met 79.

Bibbey en Herman Mynhardt het albei ’n twee behaal. Gerrit Coetzee het onlangs met sy netto van 71 in die A-afdeling sy mede gholfspelers laat les opsê in die maandelikse beker.

Casper Roux ook op 71, het in sy nek geblaas, terwyl Joré Nortjé op 72 te staan gekom het en RJ Kinnear op 73.
Kobie Coetzee het 74 op die telkaart ingevul, Willie Griesel en Xander Roux albei op 75 en Johan Griesel het 76 aangeteken.


Armand Starbuck in aksie.

Kinnear, Willie Griesel en Xander Roux het elk ’n twee in dié afdeling behaal. Attie Mouton het met ’n netto van 79 in die B-afdeling geseëvier, terwyl Aldo Arnaldi ook 79 aangeteken het.

Jacques Nel, Deon Grimsell en Adendorff het elk met 70 geëindig, gevolg deur Johardt Swanepoel met 72.

Tertius Brits het 73 op die telkaart ingevul, terwyl Nico Lombard, Werner Mouton en Vivian Seager elk met 75 geëindig het.

Patrizia Lombard, vroue wenner, het op 76 te staan gekom en Wian Starbuck op 81. Attie Mouton, Grimsell en Patrizia Lombard het elk ’n twee behaal.

Mark Nortjé het met 37 punte die C afdeling syne gemaak, gevolg deur Frikkie Eksteen se 35, terwyl Wessel van der Merwe, Momberg en Riaan Starbuck elk 34 aangeteken het.

Pieter Lloyd as Fanie Botha het albei met 33 geëindig, gevolg deur Nelis Eksteen en Hennie Swanepoel wat albei 32 op die telkaart ingevul het. PJ Venter het huiswaarts met 28 gekeer.


ALSO CHECK: Eskom’s load-shedding in Standerton hugely affects residents

ALSO CHECK: National Treasury cuts MIG to Govan Mbeki Municipality and others




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button