Vrou van Sundra wat oor man ry, bly vir eers nog agter tralies

Volgens die polisie op Sundra het Gauche na bewering drie keer oor Jansen van Rensburg op ’n kleinhoewe in Modder-Oos Boorde gery.

Samantha Gauche (35) het op 22 November vir die vierde keer vlugtig in die Delmas Landdroshof verskyn.
Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Gauche moet op 13 Desember weer in die hof verskyn.

Volgens die staat sou Gauche moontlik voor dié datum, mits ’n bevestigde adres aan die hof verskaf kon word, om borgtog aansoek kan doen.

Die oorledene se eggenoot, Hettie en dogter Shenique met die ondersteuning van vriende het weer die hofverrigtinge bygewoon.

Gauce word tans in die Johannesburg Gevangenis aangehou. Gauche se inhegtenisname volg op die dood van Leon Jansen van Rensburg (50) op 30 September.


Samantha Gauche kom die hof binne tydens ’n vorige hofverskyning.

Volgens die polisie op Sundra het Gauche na bewering drie keer oor Jansen van Rensburg op ’n kleinhoewe in Modder-Oos Boorde gery.

Sy het glo hierna in haar motor van die toneel gevlug, waarna sy beheer verloor het en in ’n boomstomp vasgery het.

Sy het verder te voet gevlug, maar ’n tuinier wat alles gade geslaan het, het alarm gemaak en Gauche is in hegtenis geneem.

Jansen van Rensburg is op die toneel dood verklaar. (Streeknuus, 13 Oktober). Volgens inligting was Gauche ten tye van die voorval by die Jansen van Rensburg egpaar woonagtig.


LEES OOK: Modelskool van Secunda skenk komberses vir ATKV projek

LEES OOK: Vrou wat glo drie keer oor man ry by kleinhoewe op Modderoos Boorde word van moord aangekla




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version