Local newsLocal sportStreeknuus

Cullinan Rugbyklub sluit 2023 af

Die jaareindfunksie is by The Hive op Cullinan gehou om dankie te sê aan al die spelers wat hulle harte vanjaar uitgespeel het.

Cullinan Rugbyklub het op 25 November hulle jaareindfunksie by The Hive op Cullinan gehou om dankie te sê aan al die spelers wat hulle harte vanjaar uitgespeel het.

André van der Merwe het die funksie geopen en die spelers en die mense wat altyd daar was vir die klub bedank.

Die klub se president, André Oberholzer, wat al 30 jaar by die klub is en sy tyd daaraan gewy het om seker te maak dat alles goed verloop, het as president uitgetree.

Die tweede span is as die beste span van die jaar aangewys.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button