Local news

Wetenskaponnie verruil Secunda vir Sasolburg

Magda is nuwe hoof van Vaalpark High School.

Hoërskool Secunda se adjunkhoof van akademie, Magda Viljoen, groet Secunda na 18 jaar by Hoërskool Secunda.
Viljoen was veral bekend vir haar Graad 12 fisiese wetenskapklasse.

Hoërskool Secunda het jaarliks onder die top vyf skole in Mpumalanga geëindig vir hul fisiese wetenskap.

Viljoen se onderwysloopbaan het in 1993 by Highveld Park High School begin en sy het daar skoolgehou totdat sy dié skool vir Hoërskool Secunda verruil het.

Sy het vanaf onderwyser van fisiese wetenskappe gevorder, eers tot by departementshoof van wetenskappe en die afgelope vier jaar as adjunkhoof.

Viljoen was ook die eksaminator van tegniese wetenskappe vir Graad 12s in Mpumalanga en sy het etlike jare se ondervinding as nasiener en senior nasiener van fisiese wetenskappe in die Graad 12 nasionale eksamens.

Sy begin op 1 Desember as die nuwe hoof van Vaalpark High School in Sasolburg.

Hoërskool Secunda se bestuur het haar alles wat mooi is toegewens op haar nuwe lewenspad.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button