VLU op Standerton beplan vir volgende jaar

Komende vergaderdatums, kompetisie-artikels wat die hele spektrum van VLU-bedrywighede insluit, asook deelnamebedrywighede is behandel.

Die VLU Kaalspruit-tak het op 21 November hul jaareindvergadering by ’n koffiewinkel gekombineer met taklede wat elk ’n klein Kersgeskenkie saamgebring het.

Die VLU vroue het antieke houers met blomme daarin ook saamgebring. Platrand-tak lede het ook jaareindvergadering by dieselfde lokaal gehou.

Op ’n vraag of Marietjie Swart, Kaalspruit-tak se voorsitter, dit so gereël het, is bloot geglimlag. Marina Schoombee het die Mary Stuartgebed in Engels voorgelees alvorens Swart ’n lywige agenda, wat ’n program vir die nuwe jaar insluit, afgehandel het.

Die beoordelaarsverslae van kompetisie-artikels is oorhandig. ’n Kworum was teenwoordig aangesien agt van die 10 lede teenwoordig was, met twee gaste, Jo-Anne Language en Lydia Roets, wat ook die geleentheid bygewoon het.

Komende vergaderdatums, kompetisie-artikels wat die hele spektrum van VLU bedrywighede insluit, asook deelnamebedrywighede is behandel.

Die kersie op die koek was Carien Schabort van die Platrand-tak wat bestellings geneem het. Na afloop van die vergadering het elke vrou ’n Kersgeskenk gekry.

Almal het om ’n tafel geloop, geskenke aangegee is in die rondte, met musiek wat speel en teen die einde van die snit, het ’n lid haar geskenk in ontvangs geneem.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version