Teksa Blommeklublede leer van pot-et-fleur

Belangstellendes is welkom om volgende jaar by klub aan te sluit.

Lede van die Teksa Blommeklub het op 1 November hul laaste vergadering vir die jaar gehad.

Die lede het mos pot-et-fleur rangskikkings maak vir hul maandelikse kompetisie.

Die twee beoordelaars, Roz du Preez en Sophie Hugo het lede se blommerangskikkings beoordeel en wenke gegee oor hoe hulle dit kan verbeter.

Dié klub sluit later in November hul jaar af en belangstellendes is welkom om volgende jaar by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel Magda Schwab by 083 611 0684.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version