Laerskool Eloff se graad-7’s groet

“Mag jul drome so wyd soos die horison strek, mag jul vlerke met trots wapper, wees sterk in jul uitdagings en hou moed deur moeilike tye.”

Laerskool Eloff het op 15 November hul tradiosionele kloklui-seremonie in die skool se saal gehou. Die doel daarvan is om van hul graad 7-leerders afskeid te neem en hul op hul pad na die toekoms van hul hoërskool loopbane te plaas.

“Dit was weer eens ’n warboel van emosies, want die klas van 2023 het diep spore in ons harte getrap,” het die skoolhoof, Louise van Niekerk laat hoor.

“Mag jul drome so wyd soos die horison strek, mag jul vlerke met trots wapper, wees sterk in jul uitdagings en hou moed deur moeilike tye.”

“Mag die nuwe hoofstuk in jul lewens vol van groei, sukses en onvergeetlike oomblikke wees,” was die personeel en hoof se afskeidsboodskap aan die graad 7-leerders van 2023.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version