Local news

Hoëveld Fotografieklub se lede skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkom om eerste vergadering in 2024 by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 3 November hul laaste vergadering vir die jaar gehad en hul beste foto’s vir die maandelikse kompetisie ingeskryf.

Die voorgeskrewe onderwerp vir November was Tegnologie en Peter Cavanagh van die Middelburg Fotografieklub was die beoordelaar vir die aand.

Danie Smit is die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto, Davids Harp en een van sy ander foto’s, Stille Rivierstroom in die landskapafdeling, het hom ’n sertifikaat van meriete besorg.

Peter Winnan was die beste fotograaf onder die senior fotograwe met sy foto, Lions Playing in die tweekleurige foto-afdeling en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Crocodile with Catch, in die natuurafdeling gekry.

Barbara Mitton was die beste fotograaf onder die junior fotograwe was met haar foto, Mosque Hammam through the Fog in die landskapafdeling en haar foto’s, Blue Bedouin en The Spice Seller, beide in die pikturale afdeling, het haar ’n sertifikate van meriete besorg.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Edmund Hattingh vir sy foto’s, Grootwaterhoender Weerkaatsing, Kuifkopvisvanger en Bosveld Visvanger met Ontbyt, al drie in die natuurvoëlsafdeling en sy foto, Leeu wat Tuur, in die natuurafdeling, dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Misty Morning Fishing in die landskapafdeling, Friends in die pikturale afdeling, Quad Racing in die fotojoernalistieke afdeling en Heartvalve Replacement in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Lorraine Botha vir haar foto’s, Colourful Creepy in die natuurafdeling en Autumn Colours in die pikturale afdeling en Anchors Away in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Sussa Pelser vir haar foto, Canola Scenery in die landskapafdeling en Louis van der Walt vir sy foto, Secunda Raly 2023-Ford Black R2-S1 Motion in die pikturale afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub hou later vanjaar hul jaarafsluiting en skop in Januarie weer af met vergaderings.

Belangstellendes is welkom om hul eerste vergadering in 2024 weer by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button