Local news

Secunda-gemeenskap ondersteun stap vir kankerbewusmaking

Tuisnywerheid gaan geld aanwend vir goeie doel.

Die gemeenskap het hul ondersteuning gewys toe 136 mense op 28 Oktober vanaf Kardoesie Tuisnywerheid 4.2km gestap het vir bewusmaking van borskanker, omdat Oktober borskankermaand is.

Dié is deel van Kardoesie se ‘Ons gee om, Kom ons vat hande’-veldtog om behoeftiges in die gemeenskap te help.

Kardoesie het voorskote verkoop om geld in te samel en die inskrywingsgeld gaan ook aangewend word daarvoor om behoeftige mense en kankerlyers in die Secunda gemeenskap te help.

Die ATKV se Kosmosrand-tak is ook by dié projek betrokke en gaan Kardoesie help om kankerpasiënte by te staan.

Kosmos Apteek het R5 000 geskenk vir die projek en Kardoesie kon altesaam R8 240 insamel.

Joani van Heerden, van Kardoesie se bestuur, het gesê hulle gaan meer sulke pretstappe te reël.

Sy het almal bedank wat gehelp het en dié projek ondersteun het.


LEES OOK: Laerskool Witpoort se presteerders vir derde kwartaal aangewys

LEES OOK: Duo from Secunda Round Table takes on open sea challenge to help children




Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

Related Articles

Back to top button