Local newsSchoolsStreeknuus

Laerskool Delmas bring ’n droom revue op die planke

Die droomboom het hierdie meisie laat besef dat die grootste droom die een van liefde is.

’n Miljoen drome was vanjaar Laerskool Delmas se revue tema.

Die revue het op 24 Oktober afgeskop en het elke aand tot en met 27 Oktober in Laerskool Delmas se saal afgespeel.

Die storielyn het rondom ’n dogtertjie gedraai wat graag wou droom. Onder ’n groot boom in die woud het sy, haar boetie en sussie piekniek gehou.

Dié ‘pratende boom’ het van die dogtertjie se wildste drome op die verhoog laat lewe kry in die vorm van the Cheerleader Medley, 60’s Medley, Jungle Medley, Superhero Medley, Cowboy Medley, en vele meer.

Die droomboom het hierdie meisie laat besef dat die grootste droom die een van liefde is.

Trotse ouers, grootouers, boeties en sussies het dit almal eens gehad dat Laerskool Delmas se revue van 2023 ’n uitstekende produksie was.




Follow Us: Ridge TimesStandertonStreeknuus

Related Articles

Back to top button