Local newsSchoolsStreeknuus
Laerskool Witpoort-leerders kry sertifikate in die Wiskunde Olimpiade
Leerders van Laerskool Witpoort het deelgeneem aan vanjaar se distrik se Wiskunde Olimpiade.
Vyf leerders van Laerskool Witpoort het vanjaar deelgeneem aan die distrik se Wiskunde Olimpiade.
Skyler Radley het ’n sertifikaat ontvang, Kevin Joubert het ’n sertifikaat, goue medalje en ’n beker gekry, terwyl Peter Ferreira ’n sertifikaat en silwer medalje ontvang het.
Arjo Schinkel het ’n sertifikaat en ’n silwer medalje ontvang en Renier Ischner het ‘n sertifikaat losgeslaan.