Local news

Gemeenskap van Standerton stap vir Bybels by Kalies

Dié projek het gepoog om geld in te samel om vir bejaardes in die gemeenskap Grootdruk- en Oudio-Bybels aan te koop.

Die gemeenskap van Standerton het op 27 Oktober in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid Afrika ’n Stap vir Bybels by Laerskool Kalie de Haas gehou.

Standerton Akademie het heelhartig aan dié inisiatief meegedoen en was reeds vooor 14:00 op die pawiljoen.

Kosmos Aftree-oord het boereworsrolle, koeldrank en roomys verkoop om honger stappers te verfris. Leerders het vroeg reeds aangemeld by die stalletjie vir ’n roomysstokkie,

Ds Christo Jooste het met skriflesing en gebed geopen waarna die leerders met geesdrif die kreet aangehef het.
Hulle het daarna begin stap, insluitend die skoolhoof, Steve Swanepoel, onderwyser en ouers.


Leané van Rensburg, Johanco Griesel en ds Christo Jooste by Laerskool Kalie de Haas op 27 Oktober.

Hoewel die wolke begin opsteek het, is hulle nie van stryk gebring nie. Dié projek het gepoog om geld in te samel om vir bejaardes in die gemeenskap grootdruk- en oudio Bybels aan te koop.

Lede van die gemeenskap is genooi om as individu of ’n span in te skryf en saam te stap om die skool se atletiekbaan.

Die baan was oop Vrydagmiddag tussen 14:00 en 18:00. Elke deelnemer het ’n boekmerk en potlood ontvang om rondtes wat gestap word, af te merk.

Daar was ook ’n spanuitdaging waar ’n span kon poog om gesamentlik 90 rondtes te stap ter viering van die 90 jaar van die Bybel in Afrikaans.


Toeskouers by die Stap vir Bybels byeenkoms.

Dit is die eerste keer dat dit op Standerton aangebied is en orgniseerders beplan om dit ’n jaarlikse instelling te maak.

Laerskool Kalie de Haas, Val Boeredag, Standerton Akademie, alle donateurs, organiseerders en Kosmos Aftree-oord is vir hulle bydraes bedank.

Volgens ds. Jooste is die finansiele doelwit by verre oortref. Daniel Roberts het 60 rondtes afgelê asook Christelle Pendlebury.


LEES OOK: Tennisspelers op Secunda ondersteun Springbokke

LEES OOK: Nearly 60 participants take on the Standerton parkrun




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button