Buurtwagte voltooi gevorderde eerstehulpopleidingskursus op Delmas

“Geluk aan elkeen van my studente. Dit was ’n puik groep en ek sien daarna uit om saam met hulle te werk en vir bystand te roep.”

Lede van AfriForum Delmas Valke- sowel as Eloff Buurtwag het ’n intensiewe en gevorderde eerstehulpkursus (Advanced First Aid) gedoen en geslaag.

Daar was in totaal 10 AfriForum lede asook ’n onderwyser van Laerskool Delmas, Mualaba Mukendi alias ‘meneer DK’ en proefondewyser, Nico Keyser, wat die opleiding meegemaak het vanaf 16 tot 20 Oktober by Laerskool Delmas.

Die kursus, aangebied deur Dawie Keyser van Saints Emergency Medical Services van Springs, het ingesluit teorie en die praktiese toepassing daarvan in die praktyk, in beide mediese en trauma gevalle.


Die tegniek van KPR op ’n baba word geleer.

Op die aand van 20 November het studente hulle eksamen geskryf en volgens Keyser het al 12 studente die eksamen met punte bo 90% geslaag.

AfriForum-lede wat geslaag het en voortaan deel van die eerstehulpspan van die Delmas en Eloff-omgewing sal wees is Danielle Meyer, Jolene, Hennie en Kobie Rheeder, Pieter Botes,

Grewar Biermann, Odette du Toit, Thia Botha, Rochelle van Wyk en Justin Gardiner. Keyser het sy bedanking uitgespreek teenoor Laerskool Delmas vir die gebruik van hul perseel en ook vir DK bedank vir die gebruik van sy klaskamer.


Praktiese opleiding met Hennie Rheeder en Thia Botha.

“Geluk aan elkeen van my studente. Dit was ’n puik groep en ek sien daarna uit om saam met hulle te werk en vir bystand te roep,” het Keyser gesê.

Die voorsitter van die AfriForum-tak op Delmas, Carel Botha, het Keyser bedank vir die professionele manier waarop hy die kursus aangebied het.

“Dankie ook aan Laerskool Delmas vir die beskikbaarstelling van ’n klaskamer vir die duurte van die kursus.”

“Die kursus het ons lede en bestaande eerstehulpstruktuur sterker en meer voorbereid gemaak om effektief in tye van mediese nood en op ongelukstonele bystand te kan lewer.”




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Exit mobile version